Karoo Stilfees

Breek weg van die gejaag binne jou na ‘n stofpad in die Karoo en kom ervaar rus by ‘n unieke fees.

Kom luister na die klanke van die Stilfees in die koelte van ‘n populierbos in die hartjie van die Karoo. Kom verkwik jou siel met die musiek van liedjieskrywers soos Joshua na die Reën, Jannie du Toit en Bouwer Bosch wat saam met die bome sing. Jou siel word vry, hier waar stilte en eenvoud wortel skiet, sodat die bloeisels binne jou met vreugde kan begin dans.
Kom geniet die rustige atmosfeer, bring ‘n kampstoel en ‘n piekniekmandjie of kom bederf jouself met delikatesse, vars uit die plaas kombuis.

Datum: 24 Maart 2018
Tyd: 10:00 – 17:00
Plek: Grootdriefontein, Murraysburg
Prys: Volwassenes – R200 / Skoliere – R75 / Kinders onder 6 – Gratis

Besprekings open 1 Januarie 2018

Belangrik om te weet:

  • Beperkte plek, bespreek jou kaartjie via webwerf
  • Bring jou eie kampstoel of kombers
  • Bring ‘n piekniekmandjie (as jy wil), kosstalletjies ook beskikbaar
  • Bring (genoeg) kontant, geen kaart fasiliteite