Kampplek op Grootdriefontein

Vir die wat ‘n heerlike langnaweek in die koel Karoo populierbos wil deurbring, waar jy kaalvoet in fontein water kan stap en die rustigheid kan indrink, is hier ‘n spasie!
Soos die eenvoud van die Karoo, is dit ook so in die bos. Hier is basiese geriewe soos toilette, storte en drinkwater. Hier sal braaihout te koop wees, laat weet vooraf.

Addisionele inligting:
Geen selfoonsein
Geen elektrisiteit
Murraysburg is 22km weg, jy kan daar regkom met dit wat jy vergeet het

Dis belangrik om in ag te neem dat daar nie tydens die vertoning met ‘n voertuig vanaf die kampterrein na die hoofpad beweeg sal kan word nie. Dus sal kampeerders eers 17:00 op die vroegste met hulle voertuie kan uitkom Sondag 19 Maart.

Maksimum 6 persone (3 jaar en ouer) word per kampplek toegelaat

Koste:

  • 2 persone = R275
  • 3 persone = R330
  • 4 persone = R390
  • 5 persone = R450
  • 6 persone = R510

Kampeerplek beperk  – Kliek hier en doen besprekings aanlyn.

 

Veldblomme wat jul kan sien