Kunstenaars 2017

Joshua na die Reën

Hoe bevoorreg kan ons wees…om weer ‘n keer een van ons land se talentvolste liedjieskrywer en musikant by ons in die mooie Karoo bos te kan hoor!!! Joshua na die Reen, ons sien met verwagting uit hoe jou musiek elkeen van ons se hart en siel gaan kom aanraak, 19 Maart 2017!


Kaleidoskoop

Met hul kleurryke harmonieë en skerp poliritmiese akoestiese instrumente gaan hulle vir ons deur hul musiek die kleure van liefde, menswees en die lewe wys.


Bottomless Coffee

This is the story of the Bottomless Coffee Band – married multi-instrumentalist folk-rock duo from Cape Town; making songs about life, love, blues and breakfast! Their performance is electric and reminds of the good old days when Johnny Cash and June Carter filled theatres with folk music – entertaining and unique.


Die Begin

‘n Afrikaanse folk band wat oor 3 provinsies bymekaar kom vir die liefde van musiek! Hulle unieke, musikale klanke sal jou siel laat vra vir meer.


Djembe Drumming

Jaco Spies van Djembe Drumming gaan tussen die vertonings drumming sessions met die kinders doen. Ons hoop is dat elke kind sy ritme of lied sal begin ontdek. Hierdie is iets wat hulle nooit sal vergeet!!


Jean Bateau

Elke jaar gee ons geleentheid aan ‘n debuut kunstenaars om die verhoog te kom deel met ervare sangers.
Hierdie jaar is dit Jean Bateau wat op sy eie gaan optree en nie agter die dromme soos ons hom al ken nie. Hy bring vir ons Ambient Indie-Folk musiek.


Sien vorige jare se kunstenaars:

2016