Kunstenaars 2016

JNDRJoshua na die Reën
Joshua na die Reën se nuwe album, ‘Die wêreld binne my’, word Maart vrygestel. Waar beter om dit te kom ontdek as in die Karoo… in die bos… by die 2016 Stilfees. (www.joshuanadiereen.com)

 

 


Jaco

Jaco van der Merwe 
Die kreatiewe koning van die kletsrym regering, gaan jou laat regop sit en jou ore spits.
Met sy eie akoestiewe vertoning (gewoonlik deel van Bittereinder), sal jy iets beleef wat jy nooit sal vergeet.

 


Len Muller

Len Muller
Sy inspirerende musiek bring lewe en hoop.
Gaan kyk gerus op sy webwerf (www.lenmuller.co.za) vir meer info.

 

 


Ryan TawseRyan
Ons plaaslike talent by die jaar se fees is Ryan Tawse.
Luister sy liedjies by soundcloud https://soundcloud.com/ryantawse1

 

 


Lizandra WinterLizandra Winter
Lizandra Winter (von Hagen) se warm stem is soos ‘n koolstoof in ‘n ou kombuis. Dit vertroos. Soos ‘n wol kombers in die winter, is haar hoop dat die musiek jou sal omvou.

 

 


Jeanlie Minnie
Jeanlie
Elke jaar gee ons geleentheid aan ‘n debuut kunstenaars om die verhoog te kom deel met ervare sangers.
Hierdie jaar is dit die 17 jarige Jeanlie Minnie wat ook haar eie liedjies skryf