Ons storie

Jesaja 14:7  Die hele aarde rus, is stil; hulle breek uit in jubel.

Dit het als begin by ‘n volmaan konsert onder die sterre en ‘n vriendskap wat in die hemele bepaal is. In gehoorsaamheid het ons saam die pad begin loop en God die saad in ons harte kom plant om ‘n plek te skep waar mense kan kom rus.

Dis ‘n fees vir die siel, waar jy kan wegbreek van die gejaag en rumoer en onder die koelte van ‘n populierbos kan terugsit en luister na unieke kunstenaars wat aan jou hartsnare roer.

Musiek is universeel en samebindend, ongeag die taal/kultuur/generasie. Hier in die stilte van die bos en die eenvoud van die Karoo, kan die musiek jou op ‘n spoor van jou hart laat loop.  Jy kan nie anders as om aangeraak hier weg te gaan. Met jou piekniekmandjie en kampstoel of in die mik van ‘n boom, hoe ook al jou aard, hierdie is ‘n ervaring wat jy nêrens anders sal kry nie.

Karoo + Bos + Musiek = Siel word vry