volg ons bly op hoogte

Kampplek op Grootdriefontein

Vir die wat ‘n heerlike langnaweek in die koel Karoo populierbos wil deurbring, waar jy kaalvoet in fontein water kan stap en die rustigheid kan indrink, is hier ‘n spasie!
Soos die eenvoud van die Karoo, is dit ook so in die bos. Hier is basiese geriewe soos toilette, storte met warm water en drinkwater.

Addisionele inligting:

  • Geen selfoonsein
  • Geen elektrisiteit
  • Murraysburg is 22km weg, jy kan daar regkom met dit wat jy vergeet het

Besprekings word gemaak saam met die feeskaartjie besprekings op die volgende skakel:

Kamp op Grootdriefontein

Veldblomme wat jul kan sien