Kunstenaars 2018

JNDRJoshua na die Reën
‘n Akoestiese vertoning deur Joshua na die Reën gaan maak dat die Stilfees nie net jou voete laat dans, maar ook jou hart laat weet hoe sy wysie klink. Hierdie wil jy nie mis nie. (www.joshuanadiereen.com)

 

 


Bouwer Bosch

Bouwer Bosch
‘n Opregte, egte liedjieskrywer en sanger wat sing wat sin maak. Wat liefde laat seevier en ‘n verskil wil maak daar waar hy loop. Ons is bevoorreg en sien uit, Bouwer!

 


Jannie du Toit

Jannie du Toit

‘n Ou legende, Jannie du Toit. Soos goeie rooiwyn raak sy musiek ook net dieper en sal meer snare in jou hart geroer word. Wat ‘n voorreg hier in die koel, stil-wees fees bos!


Adelle Nqeto

Adelle Nqeto
This creative, talented artist will impress you with her song writing skills. In October, 2016 she released her debut single, Make Something Beautiful – a pop-infused melancholic tune about continued hope in-spite the somewhat dire state of the human condition.

 


Jacobus Silwer

Jacobus Silwer
Die sanger en liedjieskrywer Jacobus Silwer het onlangs baie aandag getrek met die debuutliedjie vir sy solo-loopbaan, “Genade vir Afrika”. Ons sien uit om meer musiek uit sy pen te hoor!!

 

 


DrumAbility

DrumAbility
Jaco Spies van DrumAbility gaan tussen die vertonings weer ons kinders kom bederf met drumming sessies. Ons hoop is dat elke kind sy ritme of lied sal begin ontdek. Hierdie is iets wat hulle nooit sal vergeet!!

 


Sien vorige jare se kunstenaars:

2016

2017